Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

JC (Kay) de Villiers

@ Sunday Times Books LIVE

JC (Kay) de Villiers Latest

Dwarstrekkers, dwepers en dokters

In Dwarstrekkers, dwepers en dokters vertel Kay de Villiers van ‘n hele aantal mense wat die verskrikkings en vermaaklikhede van die Boere-oorlog aan eie lyf ervaar het.

So is daar die romantiese Russiese dokter wat eers met haar eggenoot rusie maak en dan vermom as man haar lewe waag om hom op die slagvelde van Suid-Afrika te gaan soek. Daar is die onstuitbare mediese student Tewie Wessels wat hom as ‘n Engelse adellike voordoen om uit Engeland, waar hy medies studeer, na Suid-Afrika te kom. Daar is die dapper tienermeisie Susie Blignaut wat deur dinamietslagdoppies vermink word. Daar is die Franse kolonel en die flambojante graaf Sternberg, daar is die onkeerbare Mary Kingsley, daar is Robert Montague Poore die soldaat sesse slaan, en soveel ander.

Prof De Villiers slaag uitstekend daarin om die lewens van merkwaardige, minder bekende enkelinge binne die groter geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog te plaas.

ISBN-13: 9781869193799
Koop nou